In ons
patriargale stelsel, volg ons stambome altyd die manlike lyn en
gewoonlik weet ons nie veel van ons voormoeders se oorsprong
nie. Kom ons kyk 'n bietjie na party van die vrouens met wie ons DU
PLOOY-oupas getrou het:
Ons
storie begin by
Ary
LECREVENT en Marie De LANOY,
Huguenote wie se agter-kleindogter getrou het met Cornelis DU PLOOY,
alias ons Oupa Neels.
Eerste
Geslag
Ary
(of
Hary) LECREVENT was een van
die Franse Huguenote wat na die Kaap gekom het om 'n nuwe lewe te
maak, min wetende dat sy nuwe lewe in moord sou eindig.
He het getrou
met Marie DE LANOY, wat in 1688 met haar ouers Nicolas and
Marguerite, haar drie broers Nicolas, Matthieu and
Francois en haar suster Suzanne aan die Kaap geland het. Die familie het
van Guines gekom, via Calais.
In
1690 vestig hy hom op 'n landgoed in die Franschhoek-distrik van Groot
Drakenstein, bou 'n gewelhuis en plant vrugteboorde. Hy noem sy plaas Lecrevent,
maar dit was nie lank nie, of die naam word in die volksmond Lekkerwyn.
|
Lekkerwyn
vandag |
|
 |
Ary en Marie se
buurman, op die plaas Delta, was 'n sekere SILBERBACH, a
Duitser van twyfelagtige agtergrond. SILBERBACH het 'n taamlik
avontuurlike lewe gelei, maar nadat Delta in 1690 onder die naam
Zandvliet aan hom toegeken is, het hy blykbaar 'n nuwe blaadjie
omgeslaan. Hy het getrou met 'n bevryde slavin, Ansela van die
Kaap, wat reeds vier kinders gehad het uit haar vorige huwelik met Lorenz CAMPHER.
Ansela is die stammoeder van die Camphers van Suid-Afrika, en ons tak
van die Du Plooy familie stam ook van haar af, deur haar kleinseun
Frans Hendrik
Campher. (Sien
Die
Derde Geslag
hieronder)
Dit was miskien nie so 'n goeie idee om Silberbach as haar tweede man
te kies nie!
Tydens 'n vurige argument met Ary Lecrevent, slaan SILBERBACH hom
dood met 'n stomp hout, en slaan op vlug om straf te probeer ontduik. Hy
is voëlvry verklaar en in absentia verban. Daar is nooit weer van hom
gehoor nie, waarskynlik het hy in die woeste binneland omgekom, miskien
die prooi van wilde diere of van Boesmans. En sy verdiende loon, ook!
Terug na Anna
Sophia CAMPHER
Tweede
Geslag
Ary
LECREVENT en Marie LANOY
se oudste seun,
Nicolas
LECREVENT
(gedoop
18 June 1696) was a burger van Drakenstein en trou met
Johanna
GERRITS,
die weduwee van Hendrik WEYERS.
Derde
Geslag
Nicolas and
Johanna had twee kinders: 'n seun, Adriaan (1739), en 'n
dogter, gedoop 17 Nov 1743. Jeanne
Marguerite LECREVENT, of soos sy op Hollands bekend
gestaan het:
Johanna Margaretha LEKKERWYN.
Sy
trou met Frans Hendrik CAMPHER.
Vierde
Geslag
Johanna LEKKERWYN en
Frans CAMPHER
se dogter,
Anna Sophia CAMPHER,
trou met Cornelis DU PLOOY,
'n seun van Simon
DU PLOOY, wat van Krommenie in Noord- Holland afkomstig was.
The
French Refugees at the Cape
: Colin G. Botha
Cape Dutch Houses and Farms : C. de Bosdari
Geslachtregisters der Oude Kaapsche Familien : De
Villiers and Pama
www.geocities.com/sa_stamouers
www.familysearch.org