|

|
|
Die genealogie
van die Du Plooy familie in Suid-Afrika, begin volgens De Villiers/Pama met
Symon Plooijer (andersins bekend as Simon du Plooy),
van Krommenie in Noord-Holland, oorlede 1733. Hy was in sy eerste huwelik
getroud met Adriaantje, (ouers onbekend) en trou daarna met Catharina
Koopman, ouers ook onbekend.
|
|
4.
Symon Pieterszoon PLOIJER, of
Simon Pieters DU PLOOY
Hy is
gedoop te Krommenie op 29 Augustus 1666. Hy
trou op 22.9.1715 met Catharina
Koopman, sy tweede vrou en ons voormoeder. Hy was toe reeds 'n
man van 49. Van Catharina weet ons niks meer as haar naam en dat sy die
moeder was van vyf kinders by Simon du Plooy.
DeVilliers/Pama
meld as Simon se oudste kind 'n seun, Pieter Simon. Geen datums
word vermeld nie. Hierdie Pieter was waarskynlik die seun van
Adriaantje, Simon se eerste vrou, want die tweede kind, Willem, is
gedoop op 5 Januarie 1716, vier maande na die huwelik met Catharina.
DeVilliers
se "Geslachtregsiters van de Oude Kaapse Familiën" meld Simon se kinders as volg:
 |
Pieter
Simon |
 |
Willem,
gedoop 5 Januarie 1716, trou 30.9.1742 met Johanna Petronella
Basson. Die egpaar het 4 kinders. |
 |
Michiel,
gedoop 31.3.1717, trou 25.5.1755 met Aletta van Wijk. Die egpaar het
tien kinders. |
 |
Maria,
gedoop 11.8.1720, trou met Johannes Frederick Botha. |
 |
Adriana,
gedoop 5.9.1723, trou met Cornelis Vermeulen. |
 |
Cornelis,
ons voorvader (sien 5. hieronder) De Villiers het dit dat Cornelis
die jongste kind was van Simon en Catharina, maar ander bronne meen
weer dat hy die seun was van Cornelis Cornelisse PLOOY, van Mydrecht
in Nederland. |
5.
Cornelis DU PLOOY: gedoop
1 Februarie 1744. Hy
was 'n burger te Stellenbosch en trou op 17 April 1768 met Margaretha
WILLEMSE.
Sy tweede
vrou was Anna Sophia CAMPHER, met wie hy 24 Augustus 1788 getroud
is, toe sy negentien jaar oud was.
|
Anna Sophia
CAMPHER
Anna Sophia was
van Franse, Noorse en Duitse afkoms, en kon ook 'n slavin onder haar
voormoeders tel.
Haar ouers was Frans
Hendrik CAMPHER en Johanna
LEKKERWYN. Johanna se geboortenaam was Jeanne LECREVENT:
sy was die dogter van die Franse Hugenoot Ary LECREVENT. Die
naam het egter gou aan die Kaap ver-Hollands na LEKKERWYN.
Kliek
hier vir die Lekkerwyn-storie.
Frans Hendrik CAMPHER
was die seun van Cornelis CAMPHER en Dorothea
OELOFSE.
Dorothea
is in 1695 gebore, die dogter van Andries OELOFSE van
Noorweë en sy vrou Sara VENGEYSELEN.
Cornelis CAMPHER se
ouers was Lorenz CAMPHER,
gebore 1650 in Duitsland, en sy vrou Ansela van die Kaap. Ansela
was 'n voormalige slavin wat deur Lorenz CAMPHER bevry is -
hulle het op die plaas Murasie naby Koelenhof gewoon, en
hulle het vier kinders gehad: die enigste seun, Cornelis CAMPHER,
was die oudste, gevolg deur sy susters Agnetie, Anthonietta en
Jacoba. |
Cornelis
DU PLOOY het 19 kinders gehad, agt by sy eerste vrou, Margaretha, en
elf by Anna Sophia CAMPHER.
Cornelis se
negende kind en Anna Sophia se oudste, was ons voorvader:
6. Dirk
Wouter DU PLOOY: gedoop 6
Desember 1789 te Swellendam. Hy het gewoon op Uitkyk, in
die Gamka distrik van Beaufort. Hy was 'n Voortrekker en het waarskynlik
in Julie 1837 saam met die geselskap van Jacob de Klerk vetrek. Hy het
aan die Slag van Bloedrivier deelgeneem, en vestig hom later in die
Hopetown Distrik, waar hy op 27 Oktober 1868 oorlede is op die plaas Maartenspan.
(Bron:J.C. Visagie: Voortrekker Stamouers, bls 62)
Dirk Wouter was
getroud met Catharina
Susanna ROUX, 'n dogter van Pieter Hendrik ROUX and Elizabeth STEENBERG.
Sy was gebore 31 Julie 1796 in Tulbagh, en sterf op Maartenspan,
Hopetown, op 23 Oktober 1868, net vier dae voor haar man.
(Hoekom? Wat het gebeur? Hoekom is hulle
so kort na mekaar dood?)
Dirk Wouter
en Catharina het vier kinders gehad:
-
Cornelis
Willem, geb. 21 Desember 1813, Beaufort-Wes (ons voorvader)
-
Pieter
Hendrik Rudolf, geb. 5 Desember 1816, Beaufort-Wes
-
Catharina
Susanna Petronella, geb. 28 Jan 1821, Beaufort-Wes
-
Willem
Andries, geb. 22 Feb 1823, Beaufort-Wes
7.
Cornelis Willem DU PLOOY:
was gebore 21 December 1813
in Beaufort-Wes, en is op 13 Feb 1814 te Graaff-Reinet
gedoop.
Hy is
op 3 Februarie 1837, toe hy 24 jaar oud was, as provinsionele veldkornet van die wyk Gamka
aangestel. Toe hy kort daarna van die aanstelling verwittig is, het
hy onmiddelik geantwoord dat hy dit nie kan aanvaar nie omdat hy die
Kolonie gaan verlaat. Hy het dan ook in Julie 1837 getrek, in die trekgeselskap Jacob de Klerk. Hy was waarskynlik die
"Willem du Plooy" wat die slag van Bloedrivier meegemaak
het. (Voortrekker Stamouers - J C Visagie, bladsy 61.)
Hy is op 3
Julie 1837 te Beaufort-Wes getroud met Johanna
Marguerite Jacoba Susara NEL, gebore 13 Desember 1820: 'n dogter
van Jacobus Frederick NEL and Maria Johanna WILKERS. Die bruid was 17
jaar oud.
Hy is
oorlede op 2 Junie 1881 te Maartenspan, Hopetown, in die ouderdom
van 68 jaar.
Cornelis
Willem DU PLOOY en Johanna M.J.S. NEL het elf kinders gehad: ses
seuns en vyf dogters. Die derde kind en tweede seun, Jacobus
Frederick, is ons voorvader.
8.
Jacobus Frederick DU PLOOY:
gebore 29 Julie 1843, en gedoop 2 Oktober 1843 te Colesberg. Hy is
getroud met Cornelia Carolina DU PRE. Hulle kinders was
-
Cornelis
Willem gebore ongeveer 1870 te Hopetown.
-
Jacobus
Frederick
-
Rudolph
Dis moontlik
dat daar meer kinders was, maar dis al waarvan ons weet.
Cornelis
Willem is ons Oupa Neels wat met Ouma Annie de Villiers
getroud was.
|

|
Oupa Neels en Ouma Annie du
Plooy
met hulle familie ten tye van
hulle 50ste huweliks-herdenking: Kimberley, 1948
|
|
Gesinne is dieselfde kleur
- kliek hier vir die
handige diagram
Agter:
Jaap Steenkamp, Tinkie du Plooy,
Dennis du Plooy, Bebe du Plooy,
Ian Lineveldt, Ann Forget met Louis,
Wiener Forget.
Sittend: Koos du Plooy,
Nellie Steenkamp met Rudolph, Oupa
Neels, Ouma Annie, Sue Lineveldt,
Piet du Plooy.
Voor: David du Plooy,
Anna Steenkamp, Marie Steenkamp,
Rentia du Plooy.
|
|
|
Terug na bo |
Lees meer oor Oupa en Ouma |
post 1.12.03 |
|
|